Quantcast
Channel: © My Klaskamer – idees en gedagtes uit 'n juffrou se pen
Viewing all 278 articles
Browse latest View live

Skrifdag, 23 Januarie

$
0
0

skrifdag

Vind hiermee ‘n paar skakels in verband met skrif ingesluit.  Tik gerus ook soekterme soos “knip, perseptuele, skrif, skryf, handspier, patroon, patrone, syfers, tuis…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in (of loer na die “Drukbare Bladsye“-hofie) vir meer idees.

  1. Robotkaarte (drukskrif / lopende skrif)
  2. Potloodgreep
  3. Drukskrif Bladsy
  4. Handwriting
  5. Lopende Skrif Bladsy
  6. Cursive Writing
  7. ABC Skryf
  8. Graad 1 Handskrif (riglyne)
  9. Graad 2 Handskrif (riglyne)
  10. Graad 3 Handskrif (riglyne)
  11. Lopende Skrif
  • Maak vandag kleiwurmpies om verskillende klanke, patrone en syfers te vorm.  Ons het kleimatjies in lêersakkies gehou en dan die kleiletters daarop gevorm.
  • Maak soutkleiletters om name te vorm.
  • Druk die outjies se name in groot letters, verf met pofferige verf en trek met die vinger bo-oor die letters.
  • Gebruik flubber soos gewone speelklei.  Druk die week se woorde met koekiedrukkers of lettermagnete daarop.
  • Tel speelgoed met ‘n tangetjie op.
  • Bou magneetwoorde op die skryfbord – na aanleiding van bekende getalname, lees- en sigwoorde.
jufferkleiklanke leesmagnete telspeelgoedmettangop

Biddag

Valentynsdag

$
0
0

my-valentyn

  1. Vlaggies om jou klas te versier: Druk op rooi of wit papier en kram oor ‘n lintjie vas.
  2. Bou woorde met hartjie-klanke…om spelwoorde te oefen, plak op muurprente of ryg die woorde aan linte ter versiering…
  3. of hou ‘n veelvoudige keuse klasvasvra.  Gee vir die kinders die klanke of letters van A tot D en laat hulle die antwoorde oplig.                         [harte 1, harte 2]
  4. Ryg getalle in ‘n eie getallyn in.
  5. Flits vir die outjies somme binne die getalgebied 1 – 10 en laat hulle die antwoord vir jou wys.
Versierings (vlaggies), Wiskunde (+, -, x…) in die getalgebied 1- 10 en 1- 100, Klanke, Vriendskapswerk [Engels / Afrikaans]

 

Ouer idees:14-feb

 


Luidlees-, Moedertaal- en Wêreld Boekedag

$
0
0

luidleesmoedertaalboekedag

Die volgende maand is deurspek met lees-, taal- en boekgenot:  Luidlees-Moedertaal- en Wêreld Boekedag vind binne enkele dae na mekaar plaas.

1.  Bou woorde met los kaartjies:

  • Gebruik klankkaartjies* om sigwoorde, spelwoorde en sinne na te bou.
  • Neem die woorde af en druk die foto’s op A4-velle uit of…
  • Plak die woordbouwerk op groot velle papier om die spogwerk teen mure aan te bring.
  • Bou die name van gunstelingboeke.
  • Bou kort gediggies.
  • Bou liedjies.

2.  Maak boekmerke:

  • Vir persoonlike gebruik.
  • Vir die klas se leeshoekie.
  • Vir die biblioteek.
  • Om aan ‘n ander klas of graadgroep te gee.

3.  Hou ‘n muntlegging vir nuwe leesboeke.

4.  Begin ‘n tradisie waar kinders leesboeke of ‘n geldjie skenk wanneer hulle verjaar.  (As die outjie 7 jaar oud word – R7, ens.)

5.  Sny oulike artikels uit ou tydskrifte om in ‘n leesbundel te bind of plaas dit in ‘n plastieklêer (flip file) in die leeshoekie.

6.  Stel ‘n aftelwekker (timer) waartydens die outjies lees.  Indien hulle daarin slaag om stilletjies vir byvoorbeeld 5, 10, 15 of 20 minute te lees, kan Juffrou of die skoolhoof later in die dag vir die klas ‘n storie lees.

7.  Maak ‘n groot kopie van ‘n gunstelingboek se voorblad om op die klasdeur te plaas.  Die Grondslagfase kan byvoorbeeld boeke uit hul leesreekse kies en pastelle, vetkryt en verf gebruik om die groot deurprent mee mooi te maak.  Na afloop van die spesiale dae, kan die prente dan na die biblioteek skuif en gereeld om geruil word.

8.  Laat die outjies byvoorbeeld aan oulike plekke dink waar hulle graag sou lees (ook saam met wie, vir wie, wanneer, ens.).  Neem ‘n foto van die outjie, druk dit op ‘n bladsy (groot of klein) en voeg die sin by.  Bv. Ek lees graag op die swaai.  Ek lees graag op die mat.  Betrek bekende sigwoorde of gebruik selfs die tweede taal.  Bv.  Ek lees graag op die blou mat.  I love to read on the blue swing…Bring die mini-stories teen die gangmure aan of bind dit in ‘n boekie.  Indien dit op ‘n karton (manilla – dalk A6-grootte) gedruk word, kan ‘n mens die individuele foto’s of kaartjies as boekmerke gebruik.

9.  Daar is deesdae stories op Android en Apple toestelle beskikbaar – asook stories op die internet om vir die klas te speel.  (Loer gerus ook na hierdie e-boeke.)

10.  Indien jy ‘n slimfoon of tablet het, maak hierdie dokument oop en gebruik die QR Leser om  na die stories te kyk.

11.  Geniet die outjies rympies?  Vergroot die rympies tot een rympie per bladsy en lamineer of plaas dit in ‘n lêersakkie.  Sódoende kan dit apart of in ‘n lêer gestoor word.  ‘n Mens kan dieselfde met die lirieke van gunstelingliedjies doen.

12.  Het jul skool ou ensiklopedieë?  Merk bekende onderwerpe met boekmerke, sodat die outjies self kan lees.

Sien gerus ook vorige skrywes soos die volgende en tik soekterme soos “ABC, flits, sigwoorde, hersien, lees, Luidleesdag, Moedertaaldag, Boekedag, boekmerk” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees:

Lees: motivering en aanmoediging

I love to readEk lees graag, *a-z-kaartjiesVersprei die boodskap

 

Lekker lees en loer gerus weer in 😉

 


klanke, spelwoorde, syfers, vorms, patrone

$
0
0

hersienProbeer om soveel sintuie as moontlik te betrek en gee vir die outjie ‘n verskeidenheid maniere om die werk te hersien.

Ons skryf dikwels die woorde groot op “flitskaarte” (gebruik sommer ou papbokse en dergelike kartonnetjies) en verf dan pofferige verf met ‘n oorstokkie bo-oor. Die outjie kan dit self in die mikrogolfoond plaas en laat verhard (onder toesig). Sodra dit afkoel, kan hy bo-oor die woorde voel of ‘n bladsy bo-oor plaas en met ‘n vetkryt inkleur om ‘n afdruk te maak.

Plaas die woorde sigbaar teen die muur en gee vir hom/haar meel, suiker of klei om in/op te skryf of waarmee hy die woorde kan vorm en kopieer.  Skryf of teken die los letters, syfers, vorms en patrone groot op ‘n bladsy.  Trek dit na met ‘n gomstiffie en strooi dán die suiker of sand bo-oor.

Die los kaarte kan gekram word om dit sommer in die motor te hersien.

Die los letters van “Scrabble” werk goed. Kyk sommer hoeveel punte elke “Scrabble”-spelwyse tel vir ‘n bietjie wiskunde hersiening.

‘n Ander idee is om ‘n groot vel tinfoelie op ‘n skinkbord/tafel te plaas. Spuit skeerroom daarop (‘n bietjie) en laat die outjie dan die woorde daarin skryf – met die vinger of ‘n kwas.

Op SENTEACHER.org, kan julle jul eie “woordsoeke” skep, sodat die outjie sy woorde só soek en hersien. Fokus aanvanklik net op horisontale woorde, dan ook vertikale woorde en heelwat later – diagonale woorde.

Loer gerus ook na hierdie opsies en tik ook soekterme soos syfers, skrif, skryf, klanke, hersien, dubbelklank, tweeklank, drieklank, klanksamevloeiings, vorms, patrone, flits, sigwoorde, robotkaart…by die bruin soekblokkie aan die regterkant in.

Idees vir die tuisklaskamer, Tuis idees, Hersien, Klanke

Skryf in

$
0
0

Gaan die outjie binnekort laerskool, hoërskool of na ‘n ander skool toe skuif?  Begin nou al ondersoek instel na die inskrywingsproses vir volgende jaar.  Dit begin jaarliks vroeër.

skryf-in


Gelukkig

Ondersteuning

$
0
0

Van my leerders benodig alternatiewe hulpmiddels en idees om hul skooldag makliker te maak.  Sommige outjies is tasdefensief en hou nie van sekere teksture nie (bv. etikette in klere, growwe papier, klei), ander hou nie van sekere geluide nie (bv. skril skree geluid van ‘n foutiewe klankstelsel of interkom), ander sukkel om te fokus, party benodig speelgoed om mee te vroetel, party kort bewegingsbreuke, ens.  Wat kan ‘n mens doen om die dag meer suksesvol te maak?

Heelwat kinders gebruik ‘n vroetelspeelding om die hande besig te hou.  Vir die outjies wat nie van sekere teksture hou nie, het ons slym of flubber gemaak en binne-in ‘n geseëlde sakkie* gebêre.  Hulle speel dus met die sakkie – eerder as met die slymerigheid self.  Soms lees die outjies die resep voor en ander kere gooi hulle die droë bestanddele by, maar hoe dit ookal sy…daar is blootstelling.  Die slym of flubber is ‘n snaaksigheid en die outjies geniet dit om die resepte vir die ander maats te maak.  Ons het onlangs ‘n druppel vanieljegeursel, kaneel, skeerroom en haaropknapper liggies of bietjie-vir-bietjie by onderskeie mengsels gevoeg en die outjies het beslis meer aandag aan die mengsels geskenk.  Nie net is die spelery ‘n goeie fynspier aktiwiteit nie, maar hou dit hulle gefokus tydens luistertake.  Elkeen kry ‘n stukkie om mee te speel.

‘n Mens kan natuurlik koekiedrukkers betrek, woorde met lettervorms bou of somme met syfervorms uitlê.  Indien die outjie lang wurms vorm, kan ‘n mens spesifieke letters, vorms, syfers, ens. probeer vorm. 

In plaas van die slym of flubber, kan ‘n mens meel met ‘n tregter in ‘n ballon ingooi en die ballon toeknoop.  Die outjie gebruik dit dan soos ‘n stresballetjie.  Gebruik ook gladde of stekelrige rubberballetjies, ryg krale aan ‘n tou-armband, rubber potloodgrepies of gebruik stukkies mediese/chirurgiese pyp of buise.  Die mediese pyp/buise kan ook om stoel- of tafelpote gebind word om teen te skop of om die voete op te rus – indien theraband nie beskikbaar is nie.

Jelliekrale is baie gewild.  Ons meng soms gelyke dele mielieblom en haaropknapper in ‘n kleinerige, waterdigte sakkie en voeg slegs ‘n paar jelliekrale by.  ‘n Mens kan ook ‘n doolhof buite-op ‘n groot seëlbare sak teken of met stroke maskeerband plak.  Maak dan slym met kleurlose gom en beweeg ‘n jelliekraal binne-in die mengsel en binne-in die sakkie deur die doolhof.

Vir die outjie wat gril vir die tekstuur van sekere boeke se blaaie, gee ons handskoene (met of sonder vingerpunte), ‘n knipbord om die boek mee vas te hou of ons plaas die los bladsye in ‘n lêersakkie.

Vir die outjie wat sensitief is vir harde of skril geluide, hou ons oorbeskerming naby of ons laat hom ver van die interkom af sit.

‘n Hangmat werk goed vir ‘n paar minute se eie tyd en werk soms goed as ‘n binneshuise swaai.  Sommige outjies geniet ‘n hop– of ‘n groot jogabal (om oor te lê, te bons, op en af teen die muur te rol…) en ander wil net vir ‘n paar minute eenkant sit.  Die vollengte spieël kry baie aftrek en een outjie geniet dit om op ‘n balanseerbord te staan terwyl hy gesels.

Hierdie spesiale speeltye word gewoonlik beperk tot ‘n paar minute (2 – 5) wanneer die skoolwerk (of afdelings) klaar is.

Gesels gerus met ‘n arbeidsterapeut om idees nommerpas vir jou klas te beplan.  Watter idees gebruik julle?

*As die sluitaksie lek, vou dit om en seël met duct tape.

 



Downsindroom

$
0
0

Down

Hou ‘n fondsinsamelingsdag deur onpaar of helderkleurige sokkies te dra ten bate van Downsindroom SA of ten bate van hulpmiddels vir leerders in jou skool.


Waterweek

My Regte

Biblioteekweek 2017

$
0
0

Biblioteekweek strek vanjaar van 18 tot 26 Maart.

Weet jy hoe om boeke in die biblioteek op te spoor?  Ken jy die Deweystelsel?  Wat is ‘n outeur, ‘n titel, illustreerder en ‘n uitgewer?

Hoe bêre ‘n mens ‘n boek en hoe haal jy dit uit die rak? Wikkel jy die boek uit of haak jy jou vinger bo by die rug in?  Gooi jy boeke op die vloer neer of tel jy dit van die vloer af op?

Boekopvoeding

Klik gerus op die skakels in die skrywe vir meer idees en inligting.

Wiskunde Week

$
0
0

Elders in die wêreld, het die Wêreld Wiskunde Week pas met Pi Dag begin.  Loer gerus dié week na toeps (Android, iPad, ‘n bietjie van beide) wat op verskeie aspekte fokus.

Webwerwe soos A+ ClickMath Seeds en IXL is wel Engelse webblaaie, maar die outjies behoort dit met ‘n klein bietjie hulp te kan baas raak.  Loer gerus ook na die volgende skakels vir meer wiskunde werk.

  1. syfers
  2. vorms
  3. bewerkingstekens
  4. getallyn
  5. halveer
  6. verdubbel
  7. voor en na
  8. meer en minder
  9. wiskunde huiswerk
  10. vlinder-, trein-, spinnekopsomme
  11. woordsomme
  12. tyd
  13. geld
  14. veelvoude
  15. maaltafels
  16. uitdeel
  17. deling
  18. breuke 1
  19. breuke 2
  20. verskeie
  21. meer drukbare bladsye

Earth Hour

$
0
0

Op 25 Maart, vier ons Earth Hour.  Jy hoef nie al die ligte noodwendig af te skakel nie, maar wend ‘n poging aan om die skerms (rekenaar, televisie, selfone, tablette) af te skakel.


Google Ekstra’s vir die klaskamer

$
0
0

Tegnologie (en aanlyn hulpmiddels) maak aanpassings en toeganklikheid vir outjies met lees en spel uitvalle ietwat beter.  Google Chrome se aanvullings bied spraak-na-tik, vertalingsfunksies, en dies meer.

Die Chrome Web Store verskaf verskaf verskeie gratis opsies soos Instant Translate wat ‘n webblad kan vertaal (en selfs lees).  ‘n Elektroniese stem lees die stukkie as jy op die luidspreker klik.  Die vertalings is nie altyd 100% korrek nie, maar gaan beslis die boodskap oordra.  Afrikaans, Engels, Xhosa, Zulu, Sesotho en Shona is beskikbaar.

Indien jy slegs die voorleesfunksie gebruik, haal dit die spanning uit al die moeilike woorde.  Vir meer lees-en-luister werk, kan jy Speak It installeer.  Verlig of kies die gedeelte waarna jy wil luister en klik op die luidsprekertjie.

As die outjies Google Docs gebruik, kan jy nou by die aanvullings ‘n stemherkenningsfunksie aanskakel en praat sodat die rekenaar die dokument tik.  Daar is opsies vir Afrikaans beskikbaar en wanneer jy jou boodskap op geneem het, sal die woorde in die dokument verskyn.  Klik op Add-ons, dan Speech Recognition (om die Suid-Afrikaanse aksent of opsie te kies) en Config om aanpassings vir die leestekens te maak.  ‘n Mens sal na afloop van die skryfwerk hier en daar ‘n aanpassing maak (bv. vraagtekens invoeg), maar die program maak die taak ietwat ligter.

Tik gerus gerus soekterme soos “toeps, apps, e-boek, inklusiewe, Google” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees.

 

 

 



Outisme

$
0
0

‘n Bewustheidsdag vir Outisme word op die 2de April gevier.  Die statistieke verskil hier en daar, maar inligting dui daarop dat minstens 1 uit 68 kinders daardeur geraak word.  Die kenmerke verskil…

  • van verbale (wat kan praat) tot nie-verbale (spraak ontbreek of is uiters beperk) outjies;
  • van outjies wat vroeg reeds begin praat het tot outjies wat hul spraakvaardighede eers op ‘n latere ouderdom begin ontwikkel het;
  • van ‘n worsteling met persoonlike voornaamwoorde (ek, my…teenoor die naam gebruik) tot kinders wat met gemaak korrek na hulself kan verwys in gesproke taal;
  • van oogkontak tot geen oogkontak;
  • van outjies wat nie van persoonlike aanraking hou nie tot outjies wat “diep drukke” soos drukkies benodig;
  • van trommel- en wapperbewegings met die vingers of arms tot die afwesigheid daarvan;
  • van sensoriese sensitiwiteit (oormatig sensitief vir bv. skril, harde geluide, spesifieke reuke, growwe materiaal, rekke, sekere ligte, temperatuurs uiterstes) tot ‘n onbewustheid daarvan;
  • van ‘n oormatige bekoring met beweging (kan byvoorbeeld lank na die waaier staar, werk graag met masjinerie soos ‘n stofsuier of ‘n handdroeër, luister na dreunings, draai of tuimel graag in die rondte, swaai) tot geen belangstelling daarin;
  • van outjies wat ‘n vrees het vir hoogtes tot outjies wat geen vrese het nie en wat bo-op die boonste punt van ‘n klimraam sal staan;
  • van goeie grof en fynmotoriese vaardighede tot ‘n fisieke lompheid of skrif uitvalle…

‘n Gesegde lui dat as jy een mens met outisme ken, ken jy een mens met outisme.  Elke geval is uniek en kan nie oor ‘n soortgelyke kam geskeer word nie.  ‘n Beter begrip of ‘n bewustheid, kan egter help om die insluiting en ondersteuning van kinders op die Outisme Spektrum gladder te laat verloop.

Loer gerus na hierdie webblaaie vir meer inligting, raad en idees.

  1. Verskeie gratis webinars (aanlyn praatjies/inligtingsessies)
  2. Outisme Suid-Afrika
  3. Dr. Griessel
  4. Praktiese Riglyne
  5. Artikel
  6. Introduction to Autism, the core areas of impairment and a way forward (Autism South Africa, ASA)
  7. Asperger
  8. Smooth Transitions
  9. Curriculum for Autism_sensory strategies
  10. Autism Awareness MiniReader Lesson Companion
  11. The Extreme Symptoms of Autism Spectrum Disorder

Screen Shot 2015-07-10 at 9.35.02  Screen Shot 2015-07-10 at 9.32.36  Screen Shot 2017-03-25 at 5.15.56 PM


Outisme Spektrum

Paasfees

$
0
0
Loer gerus na vorige skrywes en idees – asook na die simbole van Paasfees.

Paasfees

Oefen die outjies se knipvaardighede deur paaseiers of kruise op verskillende teksture soos karton, viltlap, snesiepapier (uit ou geskenkpakkies) en riffelkarton na te trek.  Hulle kan dit dan uitknip om versierings en kaartjies te maak.

As julle ‘n groot paaseier uitknip, kan ‘n mens dit met uitgeknipte patrone versier (bv. sirkel, driehoek, sirkel, driehoek).

Trek ‘n groot ovaal bo-oor ‘n gelineerde bladsy en rol dit af sodat die outjies hul patrone daarop kan oefen. Trek ligte potloodlyne op ‘n skoon (wit / gekleurde) bladsy of vou die bladsy om lyne te skep.  Doop die duim in pastadikte verf en druk ‘n ry “paaseiers” op elke lyn.  Die kleure kan afgewissel word om patrone to vorm.  Knip die patrooneiers uit en plak dit op die kleurvolle agtergrond, sodra die verf droog is.

Oefen patroonwerk met uitdraaikryte (druk hard), verf dit met effens verdunde voedselkleursel en sny die eiers uit sodra dit droog is.  Plak twee eiers rug-teen-rug en hang dit aan ‘n lintjie of ‘n toutjie op.

Deel ‘n bladsy in vier gelyke blokke.  Skryf Bybelverse op ‘n eiervorm in elke blok en sny dit uit.  Trek patrone met blinkertjiegom op die keersy en gebruik dit as versierings wanneer die tafel gedek word.

Gom geknipte viltletters op viltpaaseiers en -kruise om as boekmerke te gebruik.

Tel droë takkies op en gebruik verpakkingstou om kruise te maak.  Los dit so of verf dit met wit gom en besprinkel met blinkertjies.  Hou dit vir die Kersboom.

Sny ‘n kruis of ‘n groot Paaseier versigtig in die middel van ‘n karton-/manillavel uit.  Sny dan lang stroke snesiepapier uit en plak dit dwars oor die gaping totdat die eier of kruis gevul is.  Hang dit voor ‘n lig of voor ‘n venster.

Sny ovaalvorms of kruise uit ou snesiepapier.  Verf dit liggies met olie en versier ‘n sonnige ruit.  Indien die olie ‘n bietjie grillerig klink, kan ‘n mens ‘n groot vel boekplastiek voor die ruit span en die versierings dan daarop plak.

Sny die geponsde rand van ‘n papierdoilie af en doop dit in ‘n vlak bakkie met effens verdunde voedselkleursel.  Sodra dit droog is, kan die dele effens oorvleuelend op ‘n kruis of ‘n paaseier geplak word.  Gebruik een kleur of verskillende kleure.  Draai die paaseier of kruis om wanneer dit droog is en knip dan die dele wat oorhang af.

‘n Mens kan ‘n leë hoender eier met wit gom of muurpapiergom verf en dan die gekleurde doiliepapier daaroor plak.  ‘n Lagie gom oor die droë eier sal help om ‘n glans effek te gee.  Vul ‘n klein mandjie vir die Paastafel.

‘n Geseënde Paastyd!


voorspoed

Wêreld Boeke Nag

$
0
0

boeke nag

23 April is Wêreld Boeke Nag.  Besluit op ‘n leestyd van ‘n halfuur tot ‘n uur voor slaaptyd – waartydens die outjies kan lees of na ‘n storie kan luister.

Tik gerus soekterme soos “stories, toeps, lees, biblioteek” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir heelwat soortgelyke idees.


Viewing all 278 articles
Browse latest View live