Quantcast
Channel: © My Klaskamer – idees en gedagtes uit 'n juffrou se pen
Viewing all 278 articles
Browse latest View live

Paasfees

$
0
0
Click to view slideshow.

Hiermee so ‘n paar kunsvlyt idees om as gesin te probeer…

  • ‘n Paas-sonvanger:  ‘n Eenvoudige, maar effektiewe ruit-versiering is om ‘n son uit snesie-papier (tissue paper) te sny.  Plaas ‘n paar lae (oranje en geel) bo-op mekaar en plaas dan ‘n groot sirkelvormige voorwerp bo-op.  ‘n Stukkie van die bak kan oor die rand skuif om die horison te maak.  Trek af en sny uit.  Hou die res van die papier steeds op mekaar en sny die strale uit.  Doop ‘n sponsie of watte in kookolie en smeer dit bo-oor.  Die papier absorbeer die olie en laat die lae aanmekaar kleef.  Dit laat die son ook aan die ruit kleef (lekker morsig, maar mooi).  Jy kan die strale se lae afsonderlik (of in die pakkie) om die son versprei en dan kruise, woorde of selfs ‘n versie om of op die son plak.  ‘n Mens sal net die letters afsonderlik moet uitknip en plak. Die mooiste deel van hierdie versiering is dat hierdie son gloei wanneer die sonstrale daarop val.
  • Kleur eiers met mooi patrone:  Gebruik ‘n stukkie sylap (bv. gesnyde ou serpe of dasse) – groot genoeg om styf om die eier te bind – en ‘n stukkie katoen (bv. gesnyde, ou t-hemp).  Plaas die sylappie bo-op die katoen en die eier bo-op die materiaal.  Vou die lap so glad en styf as moontlik oor die eier en bind die punt met ‘n rekkie vas.  Bedek die eier(s) met water en drie eetlepels asyn.  Kook vir sowat 20 – 30 minute en haal die eiers uit om af te koel.  Die patrone behoort dan netjies agter te bly en die eiers kan as versierings op die tafel dien.
  • ‘n Mens kan ook oulike, wasbare tatoeërmerke koop en op eiers afets.
  • Los ‘n bietjie muurpapiergom (beskikbaar in klein koevertjies) op en verf die eier daarmee (of houtlym).  Rol die eier in blinkertjies om ‘n dik lagie te maak en laat dit op ‘n ou borsel, naelborsel of ‘n speldekussing stelasie* droog word.  (*Steek spelde in rytjies of blokkies op ‘n stuk spons of oase in.)
  • Verf die eiers met swartbordverf en laat op die speldekussing stelasie droog word.  Skryf die gaste se name op elkeen.
  • Prik ‘n eierdop met ‘n speld en hang dit aan ‘n effens oop gebuigde skuifspeld. Gebruik verskeie kleure ou naellak en drup dit bo-op water in ‘n klein weggooibare glasie totdat die hele oppervlakte met naellak bedek is.  Trek ‘n tandestokkie daardeur om patrone te maak en doop die eier daarin.  ‘n Mens sal die eier dalk meer as een keer moet doop en die proses moet herhaal.  Hang die skuifspelde aan die wasgoedlyn op totdat die eier droog is.
Vir nog Paasfees of Bybelles idees, kan julle soekterme soos “Paasfees” en “Sondagskool” by die bruin soekblokkie regs-bo in tik.


robotkaarte

$
0
0

robot

Robotkaarte werk soos ‘n verkeerslig.  Jy kan ‘n groen kol by die beginpunt van syfers of letters plaas en ‘n rooi kol by die eindpunt.  Sodoende weet die kleingoed waar om te begin en te eindig.

robotkaarte abc syfers (een simbool per bladsy)

Wat kan jy met hierdie kaarte doen?

  • Gebruik dit as muurkaarte (voorbeelde of herinnering).  Gebruik dit net so of druk op helderkleurige karton.
  • Liaseer dit in lêersakkie.  Skryf daarop met witbord veselpenne.
  • Oefen skrif deur met elke kleur in die krytpakkie daarop te skryf (reënboogskrif).  Verf met effens verdunde voedselkleursel.
  • Skeur en plak fyn stukkies gekleurde papier (bv. uit ‘n tydskrif) daarop.
  • Skryf die letter en oefen die letter op die wit agtergrond.
  • Skryf die syfer en plak soveel soortgelyke prente rondom.  Bv. 6 eiers, 2 skoene.
  • Plak prente wat met die letter begin, op die wit agtergrond.  Versigtig:  Die klinkers moet soos ‘n klinker (a vir appel, e vir emmer, i vir in, o vir op, u in die middel van bus) en nie soos ‘n dubbelklank (aa, ee, oo, uu) klink nie.
  • Hou die kaarte in lêersakkies of lamineer.  Rol klei in lang wurms en vorm die letters of syfers daarmee bo-op die sakkies.
Vir soortgelyke idees, tik gerus soekterme soos “abc, skrif, skryf, alfabet, syfer, klanke, fynspier, handspier… tuis idees” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in en loer na die “Drukbare Bladsye”-hofie.

Wêreld Boeke nag

$
0
0
lees1 leesgraag lees6 lees lees3 Screen Shot 2015-04-23 at 6.35.48 lees4 Screen Shot 2015-04-23 at 6.37.32
  • Pak vanaand die boekrak reg,
  • rangskik dit op ‘n interessante manier (bv. volgens kleur),
  • maak boekmerkies vir elke gesinslid,
  • begin ‘n boeke spaarblikkie,
  • besoek die biblioteek,
  • raam oulike leesprente of aanhalings vir die leeshoekie,
  • lees vir mekaar,
  • maak opnames van voorlesings en luister daarna wanneer julle ‘n aftydjie het en
  • neem ‘n “selfie” met jou gunstelingboek.  Druk die foto’s uit maak ‘n muurcollage.  Indien jy dit in jou klas se leeshoekie wil begin, neem maandeliks foto’s en inspireer mekaar.
  • Indien julle boeke het om te skenk, plaas ‘n boodskappie voor-in.

Lekker lees!

Tik ook soekterme soos “boek, biblioteek, taaldag, lees, eboek, leeslys, leesreeks” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir nog idees.

Pikkewyn

$
0
0

scientificillustration2 humboldtmagellan scientificillustration

Vandag is Pikkewyndag.  Die Bril- of Afrika-pikkewyn kom aan die Suid-Westelike kus van Afrika voor en lewe ongeveer 10 – 15 jaar.  Daar is egter ook baie ander soorte pikkewyne.  Ken jy die spesies?  Kan jy soos ‘n pikkewyn waggel (of swem)?


Mei Huiswerk

moedersdag

$
0
0
Click to view slideshow.

Ek het voorheen ‘n paar Moedersdag idees geplaas en het nog een of twee om by te voeg:

  • Verklein ‘n Bybelvers op A5-karton (kaartjie formaat) of hou dit op ‘n A4-grootte.  Laat die kinders die woorde natrek en versier.  (knap vrouens – veelvuldige opsies)
  • Plekmatjies:  Druk glasmatjies of bordmatjies uit om in te kleur en te versier.  Kleur dit in met uitdraaikryte (druk hard) en verf met ‘n lagie effens verdunde voedselkleursel.  Lamineer die matjies apart en bind ‘n lintjie daarom.
  • Die plekmatjie en versies kan ook tot magneetgrootte verklein word.  Plak ‘n dun yskasmagneet agterop en siedaar.  [MoedersdagkleurvolMother’s Day]
  • ‘n Ander idee vir ‘n magneet is om ‘n kleurfoto van elke outjie te neem en dan op ‘n magneet te plak.  ‘n Mens kan die foto’s ook in klein sleutelhouers skuif, maar moet dan verseker dat dit perfek sal pas.
  • Versier teeligkersies met ‘n smal strokie washi tape.  Sny ‘n vierkantige strokie deursigtige (of gewone) materiaal en bind die kers daarin toe.  Die maklikste sou wees om vir elkeen ‘n “loom”-rekkie te gee om die lap se punte bymekaar te bind.  Daarna kan ‘n mens ‘n bypassende lintjie om die rekkie bind.  Voeg ‘n lekkertjie of twee as ‘n verrassing by.
  • Indien die kinders hul eie epos adresse by die skool het, kan julle die kleurvolle Moedersdagboodskappe as ‘n dokument aan elke mamma stuur.

Watter oulike idees het julle al gebruik?

Vir nog idees en drukbare hulpmiddels, tik die soekterme “moeder” of “moedersdag” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in.


Kinderbeskermingsweek

$
0
0
Click to view slideshow.

Om Kinderbeskermingsweek te vier, gaan ons groen linte dra of ‘n groen lint deur ‘n boekmerk knoop.  Herinner die outjies net aan die simboliek of betekenis daarvan.

  • Maak julle eie wasbare, tydelike tatoëermerke.  Tik die boodskap (ouer se kontakbesonderhede) in die spieëlbeeld en druk uit.  As jy op Power Point werk, kan jy die teks tik en “rotate” gebruik om die blokkie te draai.  Seël die boodskap met 2nd Skin, Liquid Bandage of kleurlose naellak.
  • Jy het nie altyd spesiale papier nodig nie, skryf die besonderhede direk op die vel en seël dit soos bo of gebruik kleurlose naellak.
  • Maak ‘n Kinderbeskermingsboekmerk met moontlike noodnommers daarop.  Hou dit in ‘n spesiale boek of maak meer boekmerke om in die skool uit te deel.  Druk die boekmerk op groen karton of lamineer dit indien julle groen papier verkies.  Pons ‘n gat in die middel van die breedte en knoop ‘n groen lint daar deur.
 Sien ook:

Junie Huiswerk, Vaslegging of Intervensie

$
0
0

Screen Shot 2015-06-01 at 18.55.02

Junie Huiswerk (drukbaar)

Tik “f en v”, “e klink soos i”, “klanksamevloeiing” of “Vadersdag” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in, om skrywes te kry wat sommige van hierdie huiswerk aktiwiteite sal ondersteun.  Die huiswerk strek vir die volle maand, maar kan gekombineer word soos verkies.


eksamentyd

$
0
0

Dit is sulke tyd.  Gebruik hierdie boodskappies in e-posse, briewe of op die kennisgewingsbord.  Tik ook soekterme soos “vraestel”, “boodskap” of “eksamen” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in of loer na die hofies wat met “vraestel”, “wiskunde” en “geletterdheid” gemerk is vir meer idees.

[Klik om te vergroot.]

Screen Shot 2015-06-01 at 18.09.54 Screen Shot 2015-06-01 at 18.09.37 Screen Shot 2015-06-01 at 18.09.16 Screen Shot 2015-06-01 at 18.06.31 Screen Shot 2015-06-01 at 18.03.31

Vadersdag

$
0
0

DSCN1340

Maak vir Pa drupmatjies met bekende embleme.  ‘n Mens kan sommige embleme op die internet kry (bv. Castrol), maar ‘n mens kan ook advertensies of die ware Jakob gebruik.

  • Haal die etiket liggies van die spesifieke blikkie af of skeur die dosie versigtig oop.  Meet en pas ‘n kurkmatjie op die logo, sodat jy nie te veel sal afsny nie.  Indien dit makliker is om eers ‘n vorm op die logo af te trek, kan julle ‘n voorwerp soos ‘n wye glas of ‘n kosblikkie gebruik.  Trek die ring, knip uit, smeer ‘n dun lagie wit houtlym (of modge podge) agter-op die papier en plak dit in die middel van die kurkmatjie.  Vryf versigtig oor die prent om lugblasies uit te kry en smeer dan ‘n lagie gom (of modge podge) bo-oor.  Herhaal met nog embleme van Pa se gunstelinge.
  • ‘n Mens kan ook foto’s of tekeninge (met veselpenne) probeer.  Maak net eerder ‘n afskrif as om die oorspronklike foto te gebruik.

vadersdag drupmatjies

Tik gerus ook “vadersdag” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees en vorige skrywes.


Vakansie!

‘n Vinnige waterspel aktiwiteit

$
0
0

Screen Shot 2015-04-14 at 18.35.54

“Water babies”, “water beads” of Jelliekrale vir sensoriese/waterspel:

  • Plaas in ‘n (deursigtige) plastiekbak – ‘n groter oppervlakte speel lekkerder – en vul met water. Voeg kort-kort water by totdat die krale lekker vet is.
  • Gebruik ‘n plat bak en vul die bak met opgepofde krale.  Versteek magneetletters en syfers op die bodem en vra dat die outjie sekere letters of syfers soek en uitlig.  Gebruik die tone indien julle lus het.
  • Indien jy bont kleure het, gee ‘n bakkie vir elke kleur en merk die bakkies met daardie kleure (kolle of woorde). Sorteer dan die kleure.
  • Smeer ‘n laag skeerroom op ‘n vlak skinkbord en bou prente, syfers, vorms of klanke in die room.
  • Kyk of die krale kan bons – in ‘n bak of bad.
  • Tap ‘n bietjie water in ‘n bad of klein swembadjie.  Skep die krale met ‘n klein netjie of ‘n lepel uit.
  • Indien julle kleurlose krale het:  Verflou verskillende kleure voedselkleursel (of waterverf) met water – in verskillende bakkies – en kyk hoe dit die krale in die onderskeie bakke verander.
  • Indien die skool ‘n ultravioletlig (black light) het:  Breek highlighters (veral heldergeel verligters) oop en sny die inkveselkussing oop.  Laat dit in ‘n bak dreineer en voeg ‘n paar jelliekrale daarin.  Voeg ‘n bietjie water by, skyn die lig daarop en kyk hoe die krale gloei.  Maak seker dat die verligter veilig is om te gebruik (non toxic).  Hierdie eksperiment kan dalk beter werk as ‘n mens ‘n deursigtige bak bo-op ‘n glas of draad tafel plaas – met die lig onder.
  • Voeg ‘n paar vet krale in ‘n plastiekglasie (of in ysbakkies) en vries.  Voeg die gevriesde blokkies in ‘n waterbak en speel daarmee totdat dit smelt.  Kyk wat sal gebeur as ‘n mens die krale in ballonne laat swel en vries.

Lekker speel!


Engels: Vaslegging

$
0
0

Click to view slideshow.

Hoe spreek ‘n mens die klanke uit?  Kan die outjie die klanke uitken deur na die woorde te luister?  Kan hy/sy eenvoudige woorde ontsluit en met die meegaande prente verbind?

Hersien die Engelse sigwoorde deur dit te lees en in sinne te gebruik.  Kies ‘n flitskaartgroep en gebruik die woorde saam met die verskillende sigwoorde in beskrywende sinne.  Skryf sinne met die kleurwoorde (of selfs hoeveelhede en dae) in die spesifieke kleure.  Speel “snap” of ‘n geheuespel indien jy twee stelle van die woorde (flitskaarte) gedruk het.  Indien jy die stippelsigwoorde gebruik, kan jy die woorde natrek wat jy reeds gebruik het om sodoende rekord te hou.

Hersien die klinker kombinasies (vowel blends/digraphs) en voltooi sinne met die onderskeie woorde.  Kan die outjie ‘n persoonlike inligtingsvorm in Engels voltooi?  Hersien die skrif in kombinasie met Engelse letterrympies.

Loer in die biblioteek na reekse soos Letterland – ‘n goue oue wat stories en liedjies vir elke letter of klank het.  Die storieboeke (ABC, Beyond ABC en Far Beyond ABC) sluit dikwels ‘n liedjie CD in en is ook in skryfbehoefte winkels beskikbaar.  Daar is heelwat gratis toeps (apps) vir selfone en tablette beskikbaar – wat aktiwiteite en luisterstories insluit.  Indien jy hierdie aspekte wil ondersoek, tik gerus soekterme soos iPad, Android, Leesreeks, e-boek, Engels…by die bruin soekblokkie regs bo-aan dié blad in of loer na die lysie skakels onder die “Geletterdheid”-hofie aan die regterkant.  :wink:


67 minute

$
0
0
Click to view slideshow.

Madibadag het begin met 67 minute gemeenskapsdiens of -hulp op die 18de Julie, maar ‘n mens hoef dit nie tot een dag en ‘n paar minute te beperk nie.

  • Maak “Omgee”-pakkies (saam met jou ouers) op om by tehuise (bv. ouetehuise), gemeenskapsdienswerkers (bv. maatskaplike dienste, brandweer, polisie, verpleegsters, weermag…) uit te deel.  ‘n Motiverende boodskap is dikwels skaars en beteken baie.
  • Help vir Mamma of Pappa by die huis.  Probeer dit meer gereeld.
    • Maak die badkamer of kombuis netjies.
    • Vou die skoon wasgoed op.
    • Dek die tafel en dek dit na ete af.
    • Help hulle om inkopies te doen.
  • Help iemand in jou woonbuurt.
  • Skakel jou Oupa en Ouma of skryf vir hulle ‘n brief.
  • Maak jou kamer aan die kant en versamel ou speelgoed, kryte, inkleurboeke en krale om by ‘n skooltjie, ‘n nasorgsentrum of die kerk af te gee.
  • Lees ‘n boek vir ‘n boetie of sussie.
  • Hou jou ou flitskaarte en skoolwerk om vir ‘n maat, ‘n boetie of sussie te gee.
  • Kuier by bekendes en onbekendes in die hospitaal of ouetehuis.
  • As jy oulike vaardighede het (bv. rekenaarvaardighede, handwerk, kunstig), kan jy dit inspan om iets vir ander te skep of om vir iemand te help.
    • Bied aan om die rekenaaronderwyser te help – al is dit net om die rekenaars af te skakel aan die einde van die skooldag.
    • Brei of hekel lappies om ‘n wêreldkombers te skep.
    • Brei komberse in samewerking met jou klas of familie.
    • Ontwerp en stuur serpe vir Story Scarves.

Onthou dat jy nie noodwendig geld hoef te spandeer nie.  Hulpvaardigheid en ‘n glimlag is gratis.

madiba

Die getal: 67


3de Kwartaal


eksperimente

$
0
0

eksperimente

Vulkaan of Bruis-aksie

Benodigdhede:

Wit asyn

Koeksoda

Glas fles (een met ‘n nouer nek of ‘n wyer een – soos ‘n groter Purity bottel)

Kommetjie of ‘n wasbak.

Proses:

  • Kies ‘n dieperige fles en giet sowat ‘n ½ koppie asyn daarin.
  • Skep ‘n eetlepel bakpoeier en voeg dit by die asyn.
  • Plaas die fles in die kommetjie.
  • Staan terug en kyk hoe dit bruis.
  • Vir ‘n beter effek, kan ‘n mens voedselkleursel byvoeg.

 

Lawa: Olie en Water

Benodigdhede:

Kookolie

Water

Bruistablette (bv. Panado – selfs 1 teelepel Eno)

Voedselkleursel

Plastiekbottel of fles

Kommetjie of ‘n wasbak.

Proses:

  • Vul die bottel halfpad met olie en voeg dan water by tot net onder die nek.
  • Drup voedselkleursel by.
  • Plaas die bottel in die kommetjie.
  • Voeg die bruistablet by en kyk hoe die vloeistowwe vloei. Vir veiligheid kan ‘n mens die tablet in kwarte verdeel en stuk-stuk byvoeg.
  • Draai die prop op, skud en kyk hoe lank dit sal neem totdat die vloeistowwe weer skei.
  • ‘n Mens kan nog tablette by voeg.

 

Pofferige VerfDis

Benodigdhede:

Voedselkleursel

1E Bruismeel

1E Sout

Water

Kwas of skoon oorstokkies.

Dikkerige papier of karton.

Proses:

  • Meng die droë bestandele en drup water bietjies-bietjies by. Begin met ¼ t water en wissel af met druppels voedselkleursel. Meng dit totdat dit ‘n pasta vorm.
  • Skryf jou naam en spelwoorde of verf ‘n prentjie.
  • Plaas die kunswerk op ‘n bord in die mikrogolfoond. Verhit vir 30 sekondes en sien hoe die verf rys.
  • Dit behoort dadelik te set. Sodra die papier koel genoeg is, kan ‘n mens die prente en woorde uitknip en op ‘n groter karton plak.

 

Skrikkerige Peper

Benodigdhede:

1 teelepel fyn peper

Piering of bakkie

Water

Skottelgoedwasseep

Proses:

  • Skink genoeg water in die piering om die bodem te bedek.
  • Sprinkel die peper oor die oppervalkte van die water.
  • Doop ‘n vinger in die middel van die piering. Wat gebeur?
  • Smeer nou ‘n bietjie seep een jou vinger en doop dit weer in die water. Wat gebeur?

 

Reën in ‘n fles

Benodigdhede:

Fles

Skeerroom of spuitroom

Water

Blou voedselkleursel

Medisynedruppertjie of ‘n strooitjie

Proses:

  • Spuit die room in ‘n dik laag bo-op ‘n halwe fles water.
  • Suig die voedselkleursel in die druppertjie of strooitjie op en drup bietjies-bietjies deur die room.

 


Julie Huiswerk

Fondsinsameling

$
0
0

Screen Shot 2015-07-20 at 22.22.04

Goue oues en ‘n paar nuwes…

  1. Hou ‘n dans:  Verskaf die tafels, stoele en musiek en verkoop die tafels of kry lede van die komitee om gasheer/-vrou per tafel te wees.  Gee pryse vir die kreatiefste tafel, ens.  Verkoop ‘n beperkte verskeidenheid eet- en drinkgoed soos koppies sop, water, koeldrank, skyfies of eenvoudige hamburgers.  Verskaf ys teen donasies.
  2. Hou ‘n pretloop/-draf.
  3. Sekere maatskappye neem hande met skole.
    1. Verkoop speserye.
    2. Verkoop sandale.
    3. Verkoop plante.
    4. Verkoop plakkers.
    5. Verkoop deeg.
    6. Reël ‘n boekverkoping by die skool.
  4. Reël ‘n musikant om by die skool op te tree.
  5. Doen navorsing oor fondsinsamelingsprojekte wat aan herwinning gekoppel is.
  6. Hou ‘n muntlegging en pak embleme en woorde wat aan die doel (bv. sporttoer) of skool gekoppel is.
  7. Sekere eetplekke hou spesiale aande (shadow evenings).  Doen gerus navrae.
  8. Sluit aan by My School.
  9. Doen navorsing oor fondsinsamelingswebwerwe.

Watter idees werk vir julle?


Rym

$
0
0

Screen Shot 2015-07-21 at 13.47.15Rym en rymende sinne, is ‘n heerlike manier om ouditiewe vaardighede op te skerp en om taalontwikkeling te doen.  Die kleintjies geniet rympies en kan dikwels onsinrympies spontaan voltooi.  Byvoorbeeld:  Vandag is dit baie koud…Ek dra ‘n serp van …goud.

Soos met die jong huistaalleerders, kan ‘n mens ook rymwoorde gebruik om die taal vir tweede taal leerders interessant te maak.

  • Kies ‘n woord en kyk hoeveel onsin en/of sinvolle rymwoorde julle kan kry.
  • Skryf die woorde neer en sorteer dit in onsin en sinvolle woorde.
  • Maak muurprente of rymwoordlyste per rymgroep – om teen die muur op te plak.  Sodoende, kan ‘n mens vinnig die maats op spoor.
  • Maak sinne met die sinvolle woorde.
  • Weet julle wat die woorde beteken?  Vind gerus uit.
  • Skryf julle eie rympies.  Onthou dat die rymwoorde gewoonlik aan die einde van ‘n versreël staan.
  • Maak ‘n afskrif van die klas se rympies en bind dit in ‘n klasbundel (vir die leeshoekie).

Afhangende van die outjies se vaardigheidsvlakke, kan ‘n mens die rymwoorde tot kort woorde (een lettergreep) – met ‘n klinker, dan dubbelklanke, tweeklanke en drieklanke beperk.  Vir uitdagings, kan ‘n mens dan aan woorde met meer lettergrepe dink.

rymprent

rym pakket


Pantoffeldag

$
0
0

slipperday

Tik gerus ook “pantoffeldag” by die bruin soekblokkie in vir ouer inskrywings.


Viewing all 278 articles
Browse latest View live