Quantcast
Channel: © My Klaskamer – idees en gedagtes uit 'n juffrou se pen
Viewing all 278 articles
Browse latest View live

Koeverte

$
0
0
Click to view slideshow.

Hiermee verskillende koeverte vir boodskappe of rapporte.  Druk dit op koeverte, wit papier of kardoes sakkies van die toepaslike grootte.  Toets eers voordat jy dit in groot maat druk.

  • Druk die kind se naam met Graad 1-skrif op ‘n strook papier en skuif dit binne-in die koevert.  Laat die kind die deurslag met ‘n dik veselpen natrek.
  • Druk die kinders se name groot op die koevert en laat hulle dit met fyn skeur- en plak-werk vul.
  • Teken gesinsprente of ‘n tema van die kwartaal met ‘n veselpen en kleur met uitdraaikryte in.  Los dit so of verf met ‘n effense verdunde voedselkleursellagie.
  • Soek en knip die letters in die naam uit tydskrifopskrifte en plak dit voor op die koevert.
  • Druk ‘n foto van die kind op die koevert.
  • Knip vorms uit verskillende kleure en bou ‘n prent (soos Brainy Blocks se idees).
  • Lamineer die koevert op die rand van die plastiekvel as jy dit vir die hele jaar wil beskerm of gebruik kleefbare plastiek.
  1. Raam DL Koevert
  2. Graad R A4 Koevert 
  3. A4 Graad R
  4. Graad 1 DL Koevert
  5. Graad 1 A4 Koevert
  6. Graad 1 Koevert
  7. Graad 2 DL Koevert
  8. Graad 2 A4 Koevert
  9. Graad 2 Koevert 
  10. Graad 3 A4 Koevert
  11.  2014 A4 Koevert Hart
  12. 2014 Koevert A4 
  13. A4 Koevert 2014
  14. A4 Koevert FDL
  15. A4 Koevert Yum
  16. A4 Koevert
  17. koevertraam
  18. abc 123 A4 Koevert
  19. Minion
  20. Vertroulik DL Koevert
  21. Vertroulik 2 DL Koevert


bewus

Epilepsie

“font”

Paasfees

$
0
0
Click to view slideshow.
  • Druk ‘n groot ovaal, reghoek of sirkel uit soutklei.  Plaas ‘n kruisvormige koekiedrukker in die middel en “pons” ‘n kruis uit die middel.  Strooi ‘n verskeidenheid deursigtige krale in die middel en bak totdat die krale gesmelt het.  Hierdie sonvanger kan in die venster of aan die Kersboom gehang word.  Indien die outjie vooraf ‘n teksvers in die raam wil skryf (gebruik tandestokkies), kan dit ‘n spesiale boodskap oordra.
  • Maak ‘n sonvanger met roomysstokkies en deursigtige plastiek.
  • Maak ‘n eie soutkleistempel deur ‘n ontwerp met mooi knope en proppies saam te stel.  Laat dit droog word, bak en gebruik.  As ‘n mens ‘n kruis-ontwerp gebruik, kan jy die stempel gebruik om inkkruise op soutklei te druk.  Druk die kruis met ‘n koekiedrukker uit en sodra dit droog is, kan ‘n mens ‘n borsspeld agterop plak.
  • Rol soutklei uit, plaas ‘n growwe doilie of lap bo-op en druk die motief in die klei in.  Druk daarna kruise, ovale of sterre met koekiedrukkers uit.  Onthou om ‘n gat in die hoek of kant te pons indien jy die ornament iewers wil hang of as ‘n hangertjie wil gebruik.
  • Hemelvaart:  Verf ‘n papierglasie blou en voeg wil wolkies by.  Pons ‘n gat in die boom en ryg ‘n veter of lint deur.  Plak ‘n teksvers aan die onderpunt van die lint.  Trek die boodskap op na die koppie.
  • Maak ‘n graf- met ‘n groot rots wat die opening oop en toe kan rol.
  • Ryg ‘n boekmerkkruis.
  • Drukbare Paastyd prente
  • Paastyd hersiening
  • Druk Paasfeeswoorde om op die rand van die kennisgewingbord te plak of gebruik dit as boekmerkies.  [Paasfees drukbaar]
  • Vissers van mense:

Inkleurprent, inkleurprent, inkleurprentkruis, Paasfeestake

 


werkswinkel

nuwe kwartaal

$
0
0
Click to view slideshow.
  • Pak die tas uit, verstel die bande sodat die tas reg op die rug pas en verseker dat die naamkaartjie duidelik sigbaar is.
  • Gaan deur die inhoud van die tas en besluit saam oor die nut of belangrikheid van elk.
  • Gaan saam deur die week se rooster en buite muurse aktiwiteite en stel ‘n roostertjie saam waarvolgens die tas reeds die vorige aand gepak kan word.
  • Hou ‘n boekrak, mandjie of houer gereed om die onbenutte boeke te hou vir die volgende dag.  As die boeke regop kan staan, blaai ‘n mens makliker daar deur.
  • Hou ‘n eenvoudige stelletjie gereed om die skoene blink te poets.
  • Kyk na die pennesakkie.  Verseker dat die potlode skerp en gemerk is.  Ander benodigdhede sou gom, ‘n uitveër, kleurpotlode of uitdraaikryte, ‘n swart veselpen (ronde punt), ‘n skêr, ‘n liniaal en ‘n goeie skerpmaker kon insluit.
  • Vou een of twee plastieksakke op en bêre dit saam met ‘n goedkoop poncho in ‘n seëlbare sakkie vir die reëndae.
  • Kram ‘n geld-/banksakkie agter-in die huiswerkboek vas en bêre ‘n foonkaart daarin vir noodsituasies.  Plak die gesin se kontaknommers onder die sakkie af langsaan vas.  Naamkaartjie
  • As die skool selfone toelaat, laai genoeg geld daarop en merk die omhulsel deeglik.
  • Hou hierdie kwartaal die huiswerkvelle, opdragte, toetse en take dop vir interessante vraagstellings.  Die eksamens lê om die draai en al die vaslegging gaan beslis help.

Voorspoed aan elke ouer, opvoeder en kind :wink:


mondeling

$
0
0
mondeling mondeling a

Lees saam boeke oor die onderwerp en laat die outjie dan ‘n opstel daaroor skryf.  Lees dit saam deur om seker te maak dat dit goeie inligting bied en interessant is.  Die woordeskat moet op die kind se vlak wees en indien ‘n nuwe woord bekend gestel word, kan die outjie dit aan sy maats verduidelik.  ‘n Kwinkslag of twee kan die mondeling interessant hou.

  • Stap vorentoe, kry die bladsye gereed, haal asem, kyk op en glimlag.  Raak kalm.
  • Dink aan ‘n juffrou wat boeke voor lees of iets interessants vertel.  Wissel die stemtoon af en praat harder of sagter om klem op sekere terme of beskrywings te lê.
  • Maak kartonkaarte met kernwoorde,-sinne of -prente daarop.  A5- of A4-grootte behoort goed te werk.  As ‘n mens dit dupliseer in ‘n blaaiboekvorm, kan julle die kaarte met sleutelringetjies bind en blaai tydens die mondeling. Sodoende hang die prent waaroor die outjie praat na die klas se kant om belangstelling te behou en kan hy na sy eie weergawe op die keersy loer as hy verward raak.
  • Indien die onderwyser ‘n groot plakaat wil sien, plak ‘n A2-karton teen die bord en staan langs die prent.  Vir klein lyfies, kan ‘n mens ‘n stok of liniaal gee om na prente of dele van die plakaat te wys.  Maak seker dat die woorde of prente groot genoeg is.
  • Dit is belangrik om die mondeling te ken en op te kyk na die sprekers.  As die outjie benoud is, kan ‘n mens dit aanmoedig dat die outjie bo-oor die koppe kyk.  Oefen dit.
  • Maak seker dat die woorde korrek en duidelik uit gespreek word.
  • Moenie die mondeling aframmel na die einde se kant toe nie.

Indien dit meer soos ‘n redenaarstoespraak is, kan julle hier loer vir idees :wink:



rympies en skrif

oupa en ouma

$
0
0
Click to view slideshow.
  1. Tee in ou teekoppies/-stelle (soek in goedkoop winkels of leen).
  2. Eetgoed op koekborde met doilies.
  3. Handafdrukke van oupa/ouma en die kleinkind saam op ‘n voorskoot of vatlap.  ‘n Lap-inkopiesak kan dalk goed werk.
  4. Sing liedjies uit oupa/ouma se jeug of stal boeke uit hul jeug uit.  Dalk het die biblioteek voorbeelde wat hulle aan die kinders kan voorlees.
  5. Maak oulike raampies om vir oupa/ouma te gee.  Neem foto’s van die kinders met ‘n boodskap daarby (bv. magneetletters op ‘n bordjie/bordkryt op bordjie/Scrabble) en plaas dit in die raam.

drieklank

verdubbel

tracing alphabet rhymes

depicta

$
0
0

depicta logo

Loer gerus na Depicta se hulpbronne en hulpmiddels (bv. flitskaarte, weerkaarte, boeke, plakkers).   Bekostigbaar en kindervriendelik.  Die geskenkbewyse is ‘n oulike geskenk vir ‘n onderwyser of onderwysstudent.


skenk

$
0
0

Skenk ‘n boek met ‘n boodskap.

 

lees gerus leesgerus

 



moedersdag

$
0
0
Click to view slideshow.

Versteek ‘n verrassings-deurkaart binne-in ‘n kaartjie om aan die badkamerdeur se knop te hang.  Gee dit saam met ‘n klein botteltjie badsout of ‘n lekkerruik sepie.  As mamma dit aan die deurknop hang, mag niemand pla nie :wink:

Kopieer en spasieer die deurkaarte van jou keuse op ‘n A4-vel voor jy dit uit druk.

  • Verf dit liggies met ‘n klam kwas en druk effens verdunde voedselkleursel bo-op sodat die kleure in mekaar vloei…
  • of verf dit in die kleur van jou keuse en vee die oortollige nattigheid met ‘n snesie of droë lappie af.  Sodra dit droog is, kan ‘n mens dit lamineer of op karton plak.  Knip die sirkel uit wanneer die kaartjie droog is.
ma rus blouma rus witma rus geelTik gerus “moeder”, “waardeer” of “valentyn” by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in vir nog geskenk idees.

beloningskaart

$
0
0

beloningskaart vb

Beloningskaarte (drukbaar)

Gebruik die beloningskaarte vir take en pligte in en om die huis.  Dit kan ook in die klaskamer of by die nasorgsentrum gebruik word.


Graad 1

“ANA” Jaarlikse Nasionale Assessering

$
0
0

Hiermee skakels na voorbeeldvraestelle vir die ANA/JNA-toetse (2012):

Huistaal:

Graad 1 (antwoorde)

Graad 2 (antwoorde)

Graad 3 (antwoorde)

Wiskunde:

Graad 1 (antwoorde)

Graad 2 (antwoorde)

Graad 3 (antwoorde)

Graad 5

English HL:

Grade 1 (answers)

Grade 2 (answers)

Grade 3 (answers)

2013 Vraestelle en memo’s

Graad 1 (2013)  Taal en Wiskunde

Graad 2 (2013)  Taal en Wiskunde

Graad 3 (2013) Taal en Wiskunde

Graad 4 (2013) Taal en Wiskunde

Graad 5 (2013) Taal en Wiskunde

Graad 6 (2013) Taal en Wiskunde

Daar is nog vraestelle in ander tale en grade beskikbaar.  Loer gerus hier en na die skakels aan die regterkant wat met “vraestel” gemerk is.

Tale en Wiskunde:  Graad 4Graad 5Graad 6


Eet gesond

Viewing all 278 articles
Browse latest View live