Quantcast
Channel: © My Klaskamer – idees en gedagtes uit 'n juffrou se pen
Viewing all 278 articles
Browse latest View live

1 – 8 Junie

$
0
0
Click to view slideshow.

Dis eersdaags Kinder Beskermingsweek en dié tyd van die jaar word aan bewusmakingsveldtogte geskenk.

Sien ook noodnommers.



groen

$
0
0

 

Click to view slideshow.

 

Maak kompos vir die skooltuin op die skoolgrond deur die kinders bewus te maak van herwinning.  Plaas twee (of meer) dromme plek-plek op die skoolgrond sodat die kinders met die projek kan help.  Lamineer Drom etikette of verf die dromme om hiermee te help.

  • Hark die herfsblarebymekaar.
  • Maak die skool se geute skoon en gebruik die verrottende slik.
  • Versamel
    • Koffiereste (gebruik)
    • Papier en gebruikte papierprodukte
    • Papierhouers, karton (gebruik/skoon)
    • Oorskietkos (veral skille, stronke, broodkorsies, ens.)
    • Servette

herwinskool1


onthou b en d

$
0
0

b en d voorbeeld

Vorm die “als reg” (“okay“) teken met die vingers en sit die hande voor jou neer…of druk die gebalde vuiste teen mekaar.  Wat hoor jy eerste? b.  b staan eerste.  Wat hoor jy laaste? d.  d staan laaste.

Click to view slideshow.

Druk b-en-d uit.  Trek die b in blou na of skeur-en-plak stukkies om daarop te plak.  Gebruik donkergroen of donkerblou vir die d.

Loer ook na die meer omvattende beskrywing van die b en d idees.

leer

vadersdag

hulpmiddels vir die klaskamer

$
0
0

abc 123

Jy het ‘n nuwe pos gekry of jou universiteitsjare staan einde se kant toe.  Om gereed te maak vir ‘n nuwe klaskamer, kan jy die volgende items in gedagte hou:

Hulpmiddels om te versamel

Kies ‘n kleurskema of materiaal vir gordyne, kussinkies en ‘n tafeldoek – iets wat lank mooi sal bly.  Kyk ook na jou graadgroep se kurrikulum en skep of versamel items wat spesifiek op dié groep gemik is, bv. flitskaarte van woorde, klanke, getalkombinasies…Onthou om die tale in jou provinsie in gedagte te hou (bv. Afrikaans én Engels) en om daarvoor voorsiening te maak.  Hoe meer jy self versamel, hoe minder hoef jy oor te begin as jy na nuwe skole of klaskamers verskuif.

Daar is etlike voorbeelde hier op my blog beskikbaar.  Tik soekterme soos “skrif, lopende skrif, klanke, muurprent, syfer, vorm…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in of selfs terme soos “beginner”, “eerste dag” en “tuis idees”.

vraestelle

$
0
0

vraestelle

Graad 1

Graad 2

Graad 3

Graad 4

Graad 5

Graad 6

Graad 7

Sien ook die skakels aan die regterkant wat met “vraestel” of “vraestelle” gemerk is.

ken jou onderwyser


Pantoffeldag

$
0
0

Pantoffeldag 2014

Vrydag, 1 Augustus, is Pantoffeldag ten bate van die Reach for a Dream-projek.  Koop ‘n plakker en dra jou pantoffels skool toe. :wink:


Atletiek

Gelukkige Lentedag!

Klanksamevloeiings

$
0
0

Screen Shot 2014-12-27 at 16.54.59 Screen Shot 2014-12-27 at 16.54.54

Klanksamevloeiingslyste

Klanksamevloeiingslyste

klanksamevloeiings muurkaarte

  • Klanksamevloeiings (lyste):  Gebruik die woordelyste as ‘n verwysingsblad wanneer julle skrifwoorde oefen of sinne moet skryf.
Tik gerus ook soekterme soos “abc, klanke, hersien, dubbelklank, tweeklank, drieklank” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in of loer na die Drukbare Bladsye.

2015

Skoolgaande of skoolpligtige ouderdom

$
0
0

ouderdom

Graad R is die amptelike aanvangsjaar van die Grondslagfase – ‘n fase wat van Graad R tot 3 strek – en het ‘n volwaardige kurrikulum (KABV/CAPS).  Gewoonlik woon kleuters Graad R by die jaar waarin hulle 6 jaar oud word, maar daar is ‘n uitsondering vir kinders wat voor Junie 5 jaar oud word.

Kinders gaan Graad 1 toe die jaar waarin hulle 7 jaar oud word.  Dit is die skoolpligtige ouderdom, maar indien hulle voor Junie 6 jaar oud word kan ouers aansoek doen om die kleingoed vroeër skool toe te stuur.  Loer gerus na die amptelike wetgewing.

Daar is ‘n verskil tussen wetgewing en die individu.  As die kind regtig nie skoolgereed is nie, kan ‘n ouer aansoek om kwytskelding van skoolplig doen.  Dit word amptelik by die plaaslike skooldistrikskantore gedoen.  Loer gerus na die skakels aan die regterkant (in terme van emosionele welstand, skeidingsangs, skoolgereedheid) of tik soekterme soos Graad R, Skoolgereed, Graad 1 by die bruin soekblokkie aan die regterkant in of kontak jou naaste laerskool en distrikskantore vir verdere inligting.


Geslag: Manlik en Vroulik

$
0
0

 

manlikvroulik

Hersien die bewoording vir manlike en vroulike vorme.  Maak groot muurprente op ongedrukte of gedrukte koerantpapier.  Teken ‘n basiese uitleg van ‘n stamboom en voeg die flitskaarte as byskrifte by.  Plak dit teen die muur op, neem ‘n paar treë weg en gooi ‘n boontjiesakkie toe oë na die prent.  Skryf ‘n spogsin met die woord wat getref word.  Gebruik ook die meegaande woord, bv. “Ek kuier graag by my ouma en my oupa.”

‘n Stamboom is nie nodig nie.  Rangskik al die woorde in rye op die muur of mat.  Rol ‘n dobbelsteen en tel aan.  Soek die meegaande woord vir die een waarop jy land (bv. mamma en pappa) en skryf dit neer.  Ander opsies is om die woordpaar in ‘n mondelinge sin te gebruik of om ‘n sin daarmee te skryf.  Teken ‘n prent by die sin en bind al die sinne in ‘n boekie.  Dit sal beslis oulik wees as die hele klas se sinne in boekvorm gebind word vir die leeshoekie.

As julle die woorde hersien, verdeel die woorde in twee stelle.  Lees ‘n woord en laat die outjie dan die maat tussen sy woorde soek of speel speletjies soos “snap” of ‘n geheuespel.  Wanneer julle laasgenoemde doen, sou ‘n mens verkieslik die woordpare verminder (sowat 8 – 10 kaarte op ‘n slag).

Geslag          Geslag Flitskaarte



Voorspoed

$
0
0

2015jaar

Tik gerus soekterme soos abc, klanke, tweeklank, drieklank, dubbelklank, hersien, potloodgreep, sigwoord, lees, VMI, posisie, Graad R, Graad 1, woordsom, syfer, halveer, verdubbel, afrond, geld, maaltafel, deling, veelvoud, vorm, verkleinwoord, e klink soos i, skrif, skryf, engels, vraestel, aandagafleibaar, kosblik, eerste dag… by die bruin soekblokkie laer af aan die regterkant in of kontak my direk met navrae.

 2015 year


Kleur

$
0
0

beerkleur

Watter kleur pas by die beertjie?  

Gebruik hierdie aktiwiteit as ‘n “stil speletjie” of gee vir elkeen ‘n stel.  Sodra hulle die kleur gekies het, kan die kleingoed hul kaarte wys.

  • Druk die bladsye in kleur, sny die blokke uit en lamineer.
  • Jy kan dit ook op karton/manilla druk en met breë verpakkingskleeflint beskerm of…
  • plaas die prente in ‘n foto-grootte foto album.
  • Gee ‘n houer vol wasgoedpennetjies* om die antwoorde mee aan te dui of…
  • sit die bladsy teen ‘n yskas of skryfbord vas en gee klein magnete om bo-op die antwoorde te plaas.
* Die wasgoedpennetjies sal help met fynspierontwikkeling.
Tik gerus ook soekterme soos “kleur, fynspier, handspier, potloodgreep” by die bruin soekblokkie laer af aan die regterkant in vir nog idees.

Huiswerk, Vaslegging en Intervensie

$
0
0
ekstra take

Voorbeeld. Dokument is onder beskikbaar.

Plaas hierdie kalenders teen die aansteekbord in die taalhoekie, gebruik dit tydens intervensielesse of stuur dit huis toe as ekstra vaslegging.  Daar is ‘n opdrag vir elke skooldag om woordeskat uit te brei en om die kennis van dubbel-, twee- en drieklanke vas te lê.  Hulpmiddels soos flitskaarte is hier op die blog beskikbaar en daar is nog te vinde as jy soekterme soos “hersien, klanke, dubbelklank, tweeklank, drieklank” by die soekblokkie aan die regterkant in tik.  Indien die opdrag fokus op veelvoude, kan die outjies die getalname neerskryf.

Januarie Huiswerk

Februarie Huiswerk

Maart Huiswerk


Skrifdag

$
0
0
Click to view slideshow.

23 Januarie is Skrifdag in ander wêrelddele, maar kan beslis ook in Suid-Afrika gevier word.

Vir die jonger outjies, kan ‘n mens fynspier oefeninge gee:

  1. Bou eenvoudige prente, lyne, vorms, syfers of letters met ‘n pennetjiebord.
  2. Vorm eenvoudige prente met rekkies op ‘n spykerbord.  (Bou byvoorbeeld ‘n huisie uit vorms.)
  3. Versteek klein speelgoed of albasters in ‘n kleibal en vra dat hulle dit uit haal.
  4. Gee ‘n ou knoffelpers om klei wurmpies mee te druk.  Gebruik die wurmpies in prente, syfers of vorms.  Ouer kinders kan patrone, letters of selfs woorde probeer vorm.
  5. Skep die geleentheid om te knip, pennetjies te knyp, met klampies te werk of om skroewe en moere vas te draai.
  6. Gebruik ‘n papierpons (of een wat prentjies pons) om konfetti te pons.
  7. Skryf met gom (naam, letters, syfers…) en strooi blinkertjies of konfetti bo-oor.
  8. Hersien patrone.  ‘n Mens kan dit ook met padverf op die muur of teeroppervlakte verf en daaroor voel.
  9. Fokus op die potloodgreep en wys ook vir die linkshandige outjies hoe om te knip en hoe om potlode vas te hou.
  10. Begin die skrifles met ‘n paar fynspier oefeninge.
  11. Hersien die letterformasies en beginpunte.  Neem kennis van uitvalle en omkerings…
  12. Gee vir die ouer kinders verskillende skrif voorbeelde om te kopieer of sit die voorbeelde op ‘n tafel in die geletterdheidshoek – met interessante potlode en plakkers om die bladsye te versier.
  13. Bind ‘n skrifboek om te lees en te versier.
  14. Laat die outjies verskillende woorde in verskillende kleure natrek.
  15. Maak groot kartonletters (hetsy druk- of lopende skrif), sodat die kinders dit kan versier.  Hang dit uit die dak of gebruik dit op die woordmuur.
Tik gerus ook soekterme soos skrif, skryf, drukskrif, lopende skrif, potloodgreep…by die bruin soekblokkie laer af aan die regterkant in.

Leesreekse

Viewing all 278 articles
Browse latest View live